Ons probeer aan soveel byeenkomste moontlik deelneem in die eerste kwartaal . Die 0/7 – 0/9 neem deel aan drie byeenkomste. Die 0/10 – 0/13 neem deel aan twee byeenkomste.
Dan is daar die sone-byeenkomste vir 0/10 – 0/13. In die vierde kwartaal het ons die TOP 12 en Driehoekbyeenkoms.
TOP 12 word deur ons aangebied waar ongeveer 24 uitgenooide skole neem deel. Die Driehoekbyeenkoms is tussen Lochnerhof, Stellenbosch en Welgemoed. Die skole maak beurte om die byeenkoms aan te bied.