Die Grondslagfase vorm die basis van u kind se toekoms. By Lochnerhof streef ons daarna om al ons kinders sterk individue te maak wat op alle gebiede hulle beste lewer.
Ons bied die volgende aan:
Skaak vir graad 1 en 2.
LAB4J (Lab vir Jesus) waar ouers die kinders op ‘n geestelike vlak hanteer.
Rekenaars waar die leerders meer blootstelling en vaslegging in Wiskunde ontvang (Cami).
Leesmammas wat weekliks vir ons kinders ‘n storie kom lees of vertel.
Ekstra klasse wat deur die onderwyseresse aan kinders wat ekstra vaslegging benodig, gebied word.
Remediëring deur ‘n kundige vir leerders wat akademiese ondersteuning benodig.
Biblioteek waar stories lewendig word en lees lekker is.
Xhosa word in al drie die grade bekendgestel.
Leerders kry ook die geleentheid om aan Conquesta (eksterne evaluering) deel te neem.
Die sistemiese evaluering word elke jaar deur die graad 3-leerders geskryf.
STEM
Die Grondslagfase konsentreer op positiewe motivering en die vaslegging van Lochie-waardes.